- Inleiding
- Toepassing van en
Benadering tot King III - Stand van Nuwe
Maatskappywet - Verklaring Oor Sake Etiek
- Nakomingsraamwerk
- Die Direksie
- Direksiekomitees
- Interne Beheerstelsels
- Interne Oudit
- Nie Ouditdienste
- IT bestuurstoesig
- Maatskappysekretaris
- Beleggersverhoudinge
- Geslote Tydperke
- Ontledersverslae
Volhoubare Ontwikkeling
- Maatskaplike Ooorsig
- Transformasie
- Regstreekse Bemagtiging
- Werknemers
- Korporatiewe Burgerskap
- Gesondheid en Veiligheid
- Omgewing
- Regulatoriese Omgewing
en Boetes
GRI Reports
(slegs in Engels beskikbaar)
Werknemers
WERKNEMERSMultiChoice speel ’n belangrike rol in ekonomiese groei in Afrika, deur direk en indirek by te dra tot werkskepping. Ons het die afgelope 18 maande sowat 5 000 werksgeleenthede in Suid-Afrika alleen geskep. Indirekte poste verteenwoordig 44% van die groei. 16% van die direkte poste is geskep deur leerderskappe, wat vaardigheidsontwikkeling in die informele sektor verseker. Die vernaamste bron van werkskepping in die indirekte mark is addisionele personeel in agentskappe, groter installeringsspanne, inhoudskepping, en onderhoud en opgradering van fasiliteite. Diensbillikheid Naspers heg groot waarde aan diversiteit in sy werksmag. Die ontleding van die groep se jaarlikse diensbillikheidsverslae aan die Suid-Afrikaanse Departement van Arbeid, met klassifikasies aangedui, word hieronder weergegee. WERKNEMERVOORDELEAftreevoordele Sommige lande waarin ons bedrywig is, het statutêre aftreevoordeelbefondsing. In ander lande, en waar gepas, voorsien die groep aftreevoordele aan heeltydse werknemers, hoofsaaklik in die vorm van maandelikse bydraes tot vastebydrae-pensioen fonds en vastebydrae-voorsorgfondse. Die bates van hierdie fondse word normaalweg in aparte trustee-geadministreerde fondse gehou. Mediesefondsvoordele Mediesefonds-lidmaatskap is verpligtend in die meeste groepondernemings, en die werkgewer dra ’n deel van die maandelikse premie by. Sommige groepmaatskappye voorsien gesond heids voordele ná aftrede. Werknemers is op hierdie voordele geregtig indien hulle tot en met aftree-ouderdom in diens bly en ’n minimum dienstydperk voltooi het. EKWITEITSEIENAARSKAPOm die vaardighede te behou waarvan ons volhoubaarheid afhang, bied die meeste maatskappye in die groep aan werknemers aandele-opsies of aandeelwaarderingsregte ingevolge ’n aantal ekwiteitsvergoedingsplanne. WERKNEMERVERHOUDINGEDie groep voldoen aan arbeidswetgewing in sy bedryfsareas. In Suid-Afrika dien MultiChoice en Media24 statutêre verslae in. Die risiko van kinderarbeid en dwangarbeid is laag in die groep. Waar kinders in plaaslike produksies gebruik word, word streng nakoming van hul gereguleerde diensvoorwaardes toegepas. OPLEIDING EN VAARDIGHEIDSONTWIKKELINGInvestering in vaardigheidsontwikkeling is hoog op die groep se agenda, met inagneming van die strategiese belang van tegnologie en intellektuele eiendom vir ons volhoubaarheid in ’n mededingende mark. In die oorsigtydperk het MultiChoice meer as R17m aan inisiatiewe vir vaardigheidsontwikkeling bestee. Dit sluit die Program vir Nuwe Bestuurders, Bestuursbevorderingsprogram en Mediabestuursprogram in, wat voorsiening maak vir opleiding vanaf toesighouervlak tot uitvoerende bestuur. Aangesien tegnologie MultiChoice se kernbesigheid is, het vaardigheidsontwikkeling talle fasette. Die maatskappy se leerderskapprogramme kombineer beroepsonderwys en opleidingsmodules vir die verkryging van kwalifikasies wat binne die Nasionale Kwalifikasieraamwerk (NKR) geregistreer is. MultiChoice het gedurende die jaar 249 leerderskap- en internskapposte gevul wat klantesorg, DStv Online, finansies, mensehulpbronne, uitsaaitegnologie en IT insluit. Hierdie programme gee aan voornemende en nuwe gegradueerdes ervaring in die werkomgewing. Van die programme wat in ons ondernemings ingestel is, sluit in:
MultiChoice het 51 beurse toegeken in 2011, wat die totale getal beurse wat sedert 2008 toegeken is, op 161 te staan bring. SuperSport se vennootskap met Wits se bestuurskool (WBS) dra by om die administratiewe vaardigheidsbasis in sportliggame in Afrika uit te brei. Sedert die ontstaan van die program in 2006 het 120 sportadministrateurs dit met welslae voltooi. Terwyl dit reeds as ’n wêreldklas-inisiatief gevestig is, het SuperSport die program in 2010 na Nigerië uitgebrei om in samewerking met WBS en die Nigeriese nasionale sportkommissie te fokus op die bestuur van groot byeenkomste, leierskap, korporatiewe bestuurstoesig en strategie. Tot dusver het 20 gegradueerdes daarby baat gevind. SuperSport het die afgelope jaar sy opleiding in Nigerië en Kenia verskerp, veral met die oordrag van televisieproduksievaardighede om die talentpoel van gekwalifiseerde produksiespanlede uit te brei. Die Gain Insight From Training-program (“GIFT”) help studente om vaardighede in die televisieproduksie-omgewing te ontwikkel. Tans is 69 studente ingeskryf. Verder het 15 kwekeling-produksie spanlede van Kenia en Nigerië by hul Suid-Afrikaanse kollegas aangesluit vir praktiese opleiding deur SuperSport se hoogs ervare Suid-Afrikaanse produksiespan, ook tydens die 2010-Fifa-wêreldbekertoenooi. Media24 het in die huidige finansiële jaar sowat R23m in die ontwikkeling van werknemers op verskeie vlakke belê. Dit sluit R9m in vir die opleiding van huidige en toekomstige joernaliste by sy Joernalistieke Akademie, wat die afgelope jaar 24 afgestudeerdes opgelewer het. Begunstigdes van die akademieprogram, van wie party steeds ingeskryf is, sluit die volgende in:
Media24 het in 2011 ook 229 beurse vir deeltydse studie aan werknemers toegeken. Nadat oorsese opleidingsprogramme bestudeer is, het Paarl Media die voortou geneem om ’n opleidingsfasiliteit van wêreldgehalte, die Paarl Media Academy of Print, te ontwikkel. Ná omvattende navorsing en ontwikkeling is die verouderde ambagleerplan deur nuwe vakleerlingskapprogramme vervang. Benewens tegniese programme, bied die akademie ook vaardigheids- en leierskap-kursusse aan vir Paarl Media-werknemers. Om bestuursvaardighede in die bedryf te verhoog, fokus Paarl Media se leierskapont wikkelingsprogram (deur die bestuurskole van Stellenbosch, Wits en ander instellings) op die ontwikkeling van mense op alle bestuursvlakke (van toesighouer tot uitvoerende bestuur). Die leierskap-pyplynprogram verseker dat potensiële leiers geïdentifiseer word vir verdere bevordering en toekomstige bestuurs poste. Die akademie is geakkrediteer by die instituut van sektor- en beroepsuitnemendheid en ook as opleidings verskaffer by die MAPPP/FPM Seta. Internasionale akkreditering is deur City & Guilds, Brittanje se voorste beroepstoekenningsliggaam, aan die akademie toegeken. In ons internasionale ondernemings, hoofsaaklik in die internetbedryf, probeer ons jong ingenieurs lok. Opleiding en ontwikkeling is dus deurslaggewend vir ons strategie om toonaangewende internetplatforms in ontluikende markte te bedryf. Ons skep geleenthede vir jong entrepreneurs deur die sogenaamde Technology Incubator te borg, waar tien jong gegradueerdes onder leiding van ervare ingenieurs en projekbestuurders hul idees vir nuwe ondernemings toepas. Internasionaal word jong ingenieurs en tegnoloë deur die Uitruilprogram vir Junior Personeel aangespoor om hul loopbaan in die MIH Internet-groep voort te sit. Hierdie program het tien talentvolle tegnoloë die geleentheid gegee om drie maande by ander Naspersmaatskappye te werk. MIH besef ook hoe belangrik dit is om sy ervare tegnoloë en ingenieurs te behou. Deur erkenning aan ’n uitgesoekte groep uitnemende tegnoloë van MIH te verleen, spoor ons senior ingenieurs aan. Die toekenning sluit betrokkenheid by groepwye projekte in en is in 2011 aan 11 tegnoloë toegeken. Naspers borg ook 30 studente vir nagraadse studie in nuwe media aan die Universiteit Stellenbosch. Gegradueerdes van die Media Lab-program is met welslae in groepmaatskappye aangestel. Irdeto het sy samewerking met ongeveer 20 universiteite wêreldwyd verhoog, deur internskappe, gesamentlike navorsing en somerskole.
|

