Voorbehoud en Voorwaardes

 
 

 

 

1.

 

GEBRUIK

 

1.1

Persone wat NASPERS se webwerf om enige rede hoegenaamd besoek, onderwerp hulle aan en stem toe tot die bepalings en voorwaardes en privaatheidsbeleid van NASPERS soos hieronder uiteengesit.

 

1.2

Hierdie webwerf is slegs bedoel om aan die gebruiker inligting te verskaf oor NASPERS, die produkte wat hy aanbied en die dienste wat hy lewer.

 

1.3

Sonder om aan die voorafgaande afbreuk te doen, magtig NASPERS hiermee die gebruiker om die inhoud van hierdie webwerf, of enige deel daarvan, te bekyk, te kopieer, op ’n lokale aandrywer af te laai, te druk en te versprei, met dien verstande dat:

 

1.3.1

sodanige inhoud slegs vir inligtings- en/of nie-kommersiële doeleindes gebruik word; en

 

1.3.2

enige reproduksie van die inhoud van hierdie webwerf, of dele daarvan, die volgende kopieregkennisgewing insluit: © NASPERS 2002 . ALLE REGTE VOORBEHOU.

 

1.4

Gebruikers wat inhoud van hierdie webwerf vir kommersiële doeleindes wil gebruik, mag dit net met die vooraf skriftelike toestemming van NASPERS doen.

 

 

 

2.

 

INTELLEKTUELE EIENDOMSREGTE

 

 

Alle inhoud, handelsmerke en data op hierdie webwerf, insluitend maar nie beperk nie tot sagteware, databasisse, teks, grafika, ikone, hiperskakels, private inligting, en ontwerpe, is die eiendom van of gelisensieer aan NASPERS, en word as sodanig deur plaaslike en internasionale wetgewing en verdrae teen skending beskerm. Onderhewig aan die regte wat hierin aan die gebruiker verleen word, word alle ander regte op alle intellektuele eiendom op hierdie webwerf uitdruklik voorbehou en word geen lisensie vir NASPERS se intellektuele eiendom deur hierdie webwerf toegestaan nie.

 

 

 

3.

 

ELEKTRONIESE KOMMUNIKASIE

 

 

Deur hierdie webwerf te gebruik of elektronies met NASPERS te kommunikeer, stem die gebruiker toe en erken dat enige en alle ooreenkomste, kennisgewings, openbaarmakings of enige ander kommunikasie aan alle regsvereistes voldoen, insluitend maar nie beperk nie tot die vereiste dat sodanige kommunikasie “op skrif” moet wees.

 

 

 

4.

 

GEEN VOORSTELLINGS OF WAARBORGE NIE; INLIGTING NIE NOODWENDIG BYGEWERK NIE EN MOENIE DAAROP STAATMAAK NIE

 4.1

Hoewel NASPERS redelike moeite doen om juiste en bygewerkte inligting op die webwerf te plaas, gee NASPERS geen waarborge of voorstellings ten opsigte van die inhoud van die webwerf nie, wat “voetstoots” verskaf word. NASPERS aanvaar hoegenaamd geen verantwoordelikheid of aanspreekheid wat voortspruit uit of op enige wyse verband hou met die gebruik van hierdie webwerf of sy inhoud nie. NASPERS is veral nie aanspreeklik vir die juistheid, volledigheid, toereikendheid, tydigheid of omvattendheid van die inligting wat op die webwerf vervat is nie. NASPERS en sy geaffilieerdes aanvaar verder geen verantwoordelikheid vir die bywerking van die webwerf of sy inhoud of om gebruikers in kennis te stel van inligting wat onjuis, onvolledig of verouderd is nie.

 4.2

Ondanks enige andersluidende bepalings hierin, het NASPERS geen inligting of data, finansieel of andersins, insluitend onder “Finansiële Inligting” op die webwerf of in die jaarverslae, aankondigings oor resultate, voorleggings, persverklarings, regulatoriese stukke ingedien (insluitend, sonder beperking, dié by die JSE Beperk, NASDAQ en die Amerikaanse Sekuriteitebeurskommissie) en soortgelyke materiaal bygewerk nie, en NASPERS aanvaar ook geen verantwoordelikheid om dit by te werk nie. Sodanige inligting en data sal nie bygewerk word nie en het slegs op gegewens soos op daardie tydstip betrekking . Gevolglik sal sodanige inligting en data moontlik nie juis wees nie en moet daar nie daarop staatgemaak word nie. NASPERS ontken alle, en aanvaar geen verantwoordelikheid vir skade of ander verpligtinge of verliese voortspruitend uit die gebruik van sodanige inligting of data nie.

 

 

 

 5.

 

GEEN AANBOD OM SEKURITEITE TE VERKOOP NIE

 

 

Geen inligting wat op hierdie webwerf verskyn, is ’n aanbod om sekuriteite binne die Verenigde State of enige ander land te verkoop nie. Nie een van die sekuriteite waarna op hierdie webwerf verwys word, is ingevolge die Amerikaanse sekuriteitewetgewing geregistreer nie. Sekuriteite mag nie in die Verenigde State aangebied of verkoop word nie, tensy dit ingevolge Amerikaanse sekuriteitewetgewing geregistreer is of van registrasie ingevolge sodanige wetgewing vrygestel is. Voornemende beleggers behoort hul eie beleggingsbesluite te neem en hul eie adviseurs te raadpleeg oor regs-, belasting-, besigheids-, finansiële en verwante aspekte van ’n belegging in sekuriteite.

 

 

 

 6.

 

GEEN AANSPREEKLIKHEID NIE

 

 

NASPERS aanvaar geen verantwoordelikheid nie, en word nie aanspreeklik gehou nie, vir enige skade aan u rekenaartoerusting of ander eiendom, of virusse wat dit kan aantas, as gevolg van u toegang tot of gebruik of deurblaai van die webwerf of aflaai van enige materiaal, data, teks, beeldmateriaal, video- of oudiomateriaal vanaf die webwerf. NASPERS aanvaar geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid hoegenaamd vir enige onderbreking of staking van enige of alle funksionaliteit van hierdie webwerf nie, hetsy dit die gevolg van handelings of versuime van NASPERS of ’n derde party is.

 

 

 

 7.

 

VERANDERINGS EN WYSIGINGS

 

 7.1

NASPERS behou uitdruklik die reg voor om geheel na eie goeddunke enige inligting op hierdie webwerf sonder kennisgewing te verander en/of te wysig.

 

 7.2

NASPERS behou die reg voor om die pryse en tariewe wat op hierdie webwerf gekwoteer word, sonder kennisgewing te verander en te wysig.

 

 7.3

NASPERS kan te eniger tyd hierdie bepalings en voorwaardes wysig deur hierdie Vrywarings by te werk. Die gebruiker word deur sodanige wysigings gebind en moet dus van tyd tot tyd hierdie bladsy besoek.

 

 

 

 8.

 

VOORUITSKOUINGSVERKLARINGS

 

 

Hierdie webwerf bevat vooruitskouingsverklarings wat op oortuigings van NASPERS se bestuur berus. Wanneer woorde soos “verwag”, “meen”, “skat”, “beplan”, “sal”, “kan”, “sou”, “kon” en “projeksie” op hierdie webwerf gebruik word, is hulle bedoel om vooruitskouingsverklarings te identifiseer. Sodanige verklarings weerspieël die sienings van NASPERS op die datum waarop dit gegee is ten opsigte van toekomstige gebeure en is aan risiko’s en onsekerhede onderworpe. Soos verduidelik in NASPERS se stukke soos ingedien by die Amerikaanse Sekuriteitebeurskommissie (insluitend sy jongste jaarverslag op Vorm 20-F), kan talle faktore veroorsaak dat werklike resultate wesenlik verskil van dié wat hier geprojekteer word. NASPERS ontken enige bedoeling of verpligting om hierdie vooruitskouingsverklarings by te werk.

 

 

 

 9.

 

PRIVAATHEIDSBELEID

 

 9.1

Geen persoonlike inligting sal sonder die gebruiker se toestemming aan derde partye openbaar gemaak word nie.

 

 9.2

Deur hierdie webwerf te gebruik, gee die gebruiker toestemming tot die volgende:

 

9.2.1

NASPERS kan die gebruiker se persoonlike inligting gebruik om van tyd tot tyd met die gebruiker te kommunikeer. Gebruikers kan aandui indien hulle nie sodanige kommunikasie wil ontvang nie; en

 

9.2.2

NASPERS kan gebruikers se inligting vir nie-persoonlike statistiese doeleindes gebruik.

 

9.2.3

NASPERS behou die kopiereg in databasisse van persoonlike inligting van gebruikers.

 

 

 

10.

 

SKAKELS EN OMRAMING

 

10.1

Enige derdeparty-webwerf kan op hierdie webwerf inskakel, mits sodanige skakel op die tuisblad van hierdie webwerf gerig is. Enige persoon, besigheid, entiteit of webwerf word uitdruklik verbied om met enige bladsy, buiten die tuisblad, van hierdie webwerf te skakel sonder om vooraf skriftelike goedkeuring van NASPERS te verkry.

 

10.2

Enige persoon, besigheid, entiteit of webwerf word uitdruklik verbied om enige bladsy op hierdie webwerf, die tuisblad ingesluit, op hoegenaamd enige manier te raam sonder om vooraf skriftelike goedkeuring van NASPERS te verkry. Die insluiting van gedeeltes van hierdie webwerf op die webwerwe van partye wat nie deel van die NASPERS-groep is nie, word dienooreenkomstig verbied.

 

 

 

11.

 

OOREENKOMSTE INGEVOLGE ARTIKEL 21 VAN DIE WET OP ELEKTRONIESE KOMMUNIKASIE
EN TRANSAKSIES

 

11.1 

Geen inligting of data op hierdie webwerf is ’n aanbod nie, maar bloot ’n uitnodiging om sake te doen.

 

11.2

Geen ooreenkomste sal aangegaan word bloot deur ’n boodskap met data na hierdie webwerf of sy eienaars te stuur nie. ’n Erkenning en ’n aanbod, of ’n ontvangsbewys vanaf hierdie webwerf, word vir geldige ooreenkomste vereis.

 

 

 

12.

 

SOEKTEGNOLOGIE

 

 

Die gebruik van nie-kwaadwillige soektegnologie, soos “web-crawlers” en “web-spiders”, om inligting op hierdie webwerf te soek en te verkry, word verbied indien sodanige tegnologie sal lei tot ’n vertraging in hierdie webwerf se bediener of tot ’n skending van kopiereg van enige data of inligting wat op hierdie webwerf beskikbaar is. Data en inligting mag slegs gebruik word ooreenkomstig klousule 1 hiervan.

 

 

 

13.

 

SKAKELS MET DERDEPARTY-WEBWERWE

 

13.1

NASPERS mag slegs geriefshalwe skakels met derdeparty-webwerwe aan die gebruiker verskaf. Sodanige derdeparty-inligting is onafhanklik van NASPERS se eie inligting en NASPERS aanvaar geen verantwoordelikheid vir die inhoud of juistheid of die gebruik van sodanige ander webwerwe nie, en onderskryf nie en sal nie geag word hul inhoud te onderskryf of te aanvaar het nie.

 

13.2 

Webwerwe of webbladsye waarmee geskakel word, is nie aan NASPERS se beheer onderworpe nie. NASPERS word nie direk of indirek op enige wyse verantwoordelik of aanspreeklik gehou vir die inhoud van sodanige webwerwe, die gebruik van sodanige webwerwe of die onvermoë om tot enige skakelwebwerwe of enige skakels in ’n skakelwebwerf toegang te verkry of dit te gebruik nie.

 

 

 

14.

 

BEVEILIGING VAN INLIGTING

 

14.1 

Alle redelike stappe sal gedoen word om ’n gebruiker se inligting te beveilig.

 

14.2 

Gebruikers onderneem om nie hul gebruikernaam en wagwoord met enigiemand anders te deel nie.

 

14.3

Enige persoon, besigheid of entiteit word uitdruklik verbied om ongemagtigde toegang te verkry of te poog om ongemagtigde toegang te verkry tot enige blad op hierdie webwerf, of om enige ongemagtigde, skadelike of kwaadwillige kode op hierdie webwerf af te laai of om te poog om dit af te laai. Enige persoon wat enige ongemagtigde, skadelike of kwaadwillige kode op hierdie webwerf aflaai of poog om dit af te laai, of poog om ongemagtigde toegang tot enige blad op hierdie webwerf te verkry, word strafregtelik aanspreeklik gehou, en indien NASPERS enige skade of verlies ly, sal siviele skadevergoeding geëis word.

 

 

 

15.

 

VRYWARINGS TEN OPSIGTE VAN WEBWERF

 

15.1

Onderhewig aan die bepalings van artikel 43(5) en 43(6) van die Wet op Elektroniese Kommunikasies en Transaksies is NASPERS nie aanspreeklik vir enige skade, verlies of aanspreeklikheid van hoegenaamd enige aard voortspruitend uit die gebruik van hierdie webwerf of die onvermoë om hierdie webwerf te gebruik of uit die dienste of inhoud verskaf deur of deur middel van hierdie webwerf nie. NASPERS gee voorts geen voorstellings of waarborge, stilswyend of andersins, dat onder meer die inhoud en tegnologie wat deur middel van hierdie webwerf beskikbaar is, sonder foute of weglatings is of dat die diens 100% ononderbroke en foutvry sal wees nie.

 

15.2

Hierdie webwerf word op ’n “voetstootse” grondslag aangebied en is nie saamgestel of word nie verskaf om aan die gebruiker se individuele vereistes te voldoen nie. Dit is die uitsluitlike verantwoordelikheid van die gebruiker om voordat hierdie ooreenkoms met NASPERS aangegaan word, seker te maak of die diens wat op of deur middel van hierdie webwerf beskikbaar is, aan sy of haar individuele vereistes sal voldoen en met sy of haar hardeware en/of sagteware verenigbaar is.

 

15.3

Inligting, idees en menings wat op hierdie webwerf weergegee word, moenie as professionele advies of die amptelike mening van NASPERS beskou word nie en gebruikers word aangemoedig om professionele advies in te win voordat tot enige aksie oorgegaan word wat verband hou met inligting, idees of menings wat op hierdie webwerf weergegee word.

 

15.4

Nóg NASPERS nóg enige van sy agente of verteenwoordigers is aanspreeklik vir enige skade, verlies of aanspreeklikheid van watter aard ook al voortspruitend uit die gebruik van enige produk wat op hierdie webwerf verkoop word of die onvermoë om sodanige produk te gebruik.

 

15.5

Plasings van enige aard op hierdie webwerf of e-pos wat na hierdie webwerf gestuur word, word nie redaksioneel beheer nie en NASPERS kan dus nie aanspreeklik gehou word vir onwettige of onkonstitusionele inhoud nie. Gebruikers vrywaar NASPERS van alle aanspreeklikheid in hierdie verband.

 

 

 

16.

 

VRYWARINGS TEN OPSIGTE VAN E-POS

 

 

E-pos (en geassosieerde of aangehegte lêers) van direkteure, beamptes en werknemers van die Naspers-groep is slegs bedoel vir die gebruik van die persone of entiteite aan wie dit gerig is, en kan inligting bevat wat vertroulik, ’n handelsgeheim, geprivilegieerd of aan kopiereg onderhewig is. Indien ’n persoon of entiteit (’n “ontvanger”) nie die bedoelde ontvanger van sodanige kommunikasie is nie, word die ontvanger hiermee in kennis gestel dat enige openbaarmaking, kopiëring, gebruik of verspreiding van sodanige e-pos (asook enige aangehegte of geassosieerde lêers) streng verbied word. Indien sodanige kommunikasie per abuis ontvang is, moet die ontvanger die sender onmiddellik daarvan in kennis stel en alle kopieë van die boodskap onverwyld vernietig en skrap.

 

 

 

17.

 

SKEIBAARHEID

 

17.1

Hierdie gebruiksbepalings en -voorwaardes maak die volledige ooreenkoms tussen NASPERS en u, die gebruiker van hierdie webwerf, uit. Enige versuim deur NASPERS om enige reg of voorwaarde van hierdie gebruiksbepalings en -voorwaardes uit te oefen of af te dwing, sal geensins beskou word as ’n kwytskelding van sodanige reg of voorwaarde nie.

 

17.2

Hierdie gebruiksbepalings en -voorwaardes maak die volledige ooreenkoms tussen NASPERS en u, die gebruiker van hierdie webwerf, uit. Enige versuim deur NASPERS om enige reg of voorwaarde van hierdie gebruiksbepalings en -voorwaardes uit te oefen of af te dwing, sal geensins beskou word as ’n kwytskelding van sodanige reg of voorwaarde nie.

 

 

 

18.

 

TOEPASLIKE EN GELDIGE WETGEWING

 

 

Hierdie webwerf word vanuit die Republiek van Suid-Afrika aangebied, beheer en bedryf. Dus word die gebruik van hierdie webwerf of die onvermoë om hierdie webwerf te gebruik, asook hierdie bepalings en voorwaardes, deur Suid-Afrikaanse wetgewing beheer.

 

 

 

19.

 

KONTAKBESONDERHEDE/DOMICILIUM CITANDI ET EXECUTANDI

 

 

Enige vrae, navrae of versoeke om toestemming te kry om enige deel van hierdie webwerf te gebruik, insluitend skakels, omraming of soektogte, kan aan ons gerig word by:

Straatadres:
Naspers-sentrum
Heerengracht 40
Kaapstad
8000

Posadres:
Posbus 2271, Kaapstad 8000

Media24 Voorbehoud

Enige hersiening, herversending, verspreiding of ander gebruik van, of enige optrede wat staatmaak op hierdie inligting, deur persone of entiteite bo en behalwe die beoogde ontvanger, word verbied.

Let wel: Alle verwysings na Media24 in hierdie e-pos-afstanddoening sluit ook alle filiale en afdelings van Media24 in, asook al hul werknemers.

Indien u hierdie boodskap per abuis ontvang het, moet u dit asseblief vernietig en die afsender dienooreenkomstig in kennis stel.

Ooreenkomste, gevolgtrekkings en ander inligting in hierdie boodskap wat nie verband hou met die amptelike besigheid van Media24 nie, sal beskou word as nie deur hulle verskaf, geëndosseer of gemagtig nie. Stel die afsender onmiddellik in kennis indien u of u werkgewer nie toestem tot internet-e-pos vir die doel van kommunikasie van hierdie aard nie.

Alhoewel hierdie boodskap met redelike omsigtigheid gestuur is sodat dit nie 'n skadelike kode bevat nie, verskaf Media24 en die afsender geen waarborge in hierdie verband nie, en kan nie verantwoordelik gehou word vir enige verlies of skade deur die ontvanger gely nie.

Media24 behou alle kopiereg ten opsigte van hierdie boodskap asook ten opsigte van alle lĂŞers hierby aangeheg indien geskep deur 'n werknemer van Media24.

Die afsender van hierdie e-pos waarborg nie of rig geen vertoë dat a) hierdie boodskap in der waarheid deur die afsender gestuur is nie en b) dat die afsender gemagtig was om hierdie boodskap te stuur nie. Alle aangeleenthede in verband met egtheid en magtiging moet asseblief telefonies met die afsender bevestig word.

Nieteenstaande die voorwaardes van die Wet op Elektroniese Kommunikasie en Transaksies Nr. 25 van 2002, sal alle ooreenkomste aangegaan deur Media24 deur middel van elektroniese korrespondensie eers in werking tree wanneer Media24 sodanige kontrak-inligting per opvolgkommunikasie aangedui het. Alle e-pos-korrespondensie gestuur aan Media24 sal as ontvang beskou word wanneer Media24 daarop antwoord en om twyfel uit die weg te ruim, word hiermee bevestig dat 'n outomatiese antwoord nie in hierdie vereiste sal voorsien nie.

Hierdie e-pos-afstanddoening sal te alle tye voorrang geniet bo enige ander e-pos-afstanddoening wat ontvang word deur diegene wat gebruik maak van die e-pos-geriewe van Media24.

Media24 Ltd (http://www.media24.com)