Verklaring Oor Sake-Etiek

 

 

 

Naspers formaliseer sy bestuursproses ten opsigte van nakoming en sake-etiek. Die groep se kode vir sake-etiek is gedurende die jaar hersien en is op www.naspers.com beskikbaar.

Hierdie kode geld alle direkteure en werknemers in die groep. Om toe te sien dat maatskappye in die groep toepaslike prosesse vestig en ’n ondersteunende beleid en prosedures instel, is ’n deurlopende proses. Bestuur fokus op beleid en prosedures wat belangrike etiese risiko’s soos belangebotsings, die aanvaarding van onvanpaste geskenke, en aanvaarbare sakegedrag dek.

Die mensehulpbronne- en vergoedingskomitee hou toesig oor sake-etiek. Die dissiplinêre kodes en prosedures van die verskillende maatskappye word gebruik om nakoming te verseker van die beleid en praktyke wat die oorkoepelende kode vir sake-etiek ondersteun. Onetiese sakegedrag deur senior personeellede word by die hierdie komitee aangemeld, asook die wyse waarop die maatskappy se dissiplinêre kode toegepas is.

Naspers is daartoe verbind om sy sake te bedryf om aan die wet te voldoen en met integriteit en behoorlike nakoming van etiese sakepraktyke. Van alle direkteure en werknemers word verwag om aan hierdie beginsels te voldoen en veral belangebotsings te vermy, en hulle te weerhou van binnehandel, onwettige teenmededingende aktiwiteite, omkopery en korrupsie.

Verklikkerfasiliteite by die meeste groot iliale stel werknemers in staat om onetiese sakegedrag anoniem aan te meld.