- Inleiding
- Toepassing van en
Benadering tot King III - Stand van Nuwe
Maatskappywet - Verklaring Oor Sake Etiek
- Nakomingsraamwerk
- Die Direksie
- Direksiekomitees
- Interne Beheerstelsels
- Interne Oudit
- Nie Ouditdienste
- IT bestuurstoesig
- Maatskappysekretaris
- Beleggersverhoudinge
- Geslote Tydperke
- Ontledersverslae
Volhoubare Ontwikkeling
- Maatskaplike Ooorsig
- Transformasie
- Regstreekse Bemagtiging
- Werknemers
- Korporatiewe Burgerskap
- Gesondheid en Veiligheid
- Omgewing
- Regulatoriese Omgewing
en Boetes
GRI Reports
(slegs in Engels beskikbaar)
Transformasie
Transformasie is ’n strategiese doelwit vir Naspers, om te verseker dat ons aan plaaslike wetgewing voldoen en dat ons werksmag die plaaslike demografiese profiel weerspieël. Daar is in die hele groep verskeie inisiatiewe om toepaslike vaardighede en verantwoordelike aankooppraktyke te ontwikkel. Agt jaar gelede het Media24 ’n transformasie forum gestig om elemente van die Suid-Afrikaanse swart ekonomiese bemagtigingstelkaart te monitor. Die forum sluit senior bestuurders van elke sake-eenheid in. Media24 het die afgelope paar jaar vordering gemaak met sy transformasiedoelwitte, wat teenoor ’n telkaart van die Departement van Handel en Nywerheid se kode vir goeie praktyk vir breedgebaseerde swart ekonomiese bemagtiging (BGSEB) gemeet word. Volgens die SEB-telkaart het Media24 sy vlak 4-status behou, met ’n 125%-erkenningsvlak as ’n verskaffer wat waarde toevoeg. MultiChoice het sy status as ’n vlak 4-bydraer behou en verder in diensbillikheid, vaardigheidsontwikkeling en voorkeuraankope belê. Ná sy suksesvolle bemagtigingstransaksie in 2006, toe 120 000 nuwe aandeelhouers verkry is, het die groep maksimum punte vir aandeelhouding op die telkaart behaal. MultiChoice vaar ook goed op die gebied van diensbillikheid (75%) en voorkeuraankope (87%). |