Toepassing van en benadering tot King III

 

 

 

Die direksie, sy subkomitees en die direksies en subkomitees van die iliale MIH, MultiChoice en Media24 het goed gevorder met die vestiging van die beginsels en praktyke soos vervat in King III. Naspers se direksie het die direksie en subkomitees se hersiene handveste goedgekeur. Die verantwoordelikhede van die oudit- en risikokomitee is geskei en nuwe risikokomitees is gestig. Soortgelyke veranderings is deur die direksies van MIH, MultiChoice en Media24 goedgekeur. ’n Plan om aan aspekte van King III aandag te gee, is goedgekeur en in werking gestel vir die aangewese entiteite vir 2011.

’n Gedissiplineerde rapporteringstruktuur verseker dat Naspers se direksie ten volle bewus is van iliale se bedrywighede, risiko’s en geleenthede. Alle beheerde entiteite in die groep moet die toepaslike beginsels van King III onderskryf. Sake- en bestuurstoesigstrukture het duidelike goedkeuringsraamwerke. ’n Bo-na-onder- en onder-na-bo-benadering word gevolg om die beginsels van King III toe te pas.

Naspers het ’n internebeheer-toesigforum wat uit die finansiële hoofde en risiko- en interne ouditbestuurders van Naspers, MIH, MultiChoice, Media24 en die groepmaatskappysekretaris en groep-regsadviseur bestaan. Die forum het opdrag gekry om seker te maak dat die Naspers-groep se bestuurstoesig-strukture en -raamwerk en King III-voorstelle gedurende die finansiële jaar in die aangewese entiteite in die groep ontplooi word. Die oudit- en risikokomitees het vordering gemonitor en aan die direksie verslag gedoen.

Hier vold 'n opsomming van veranderinge aan ons bestuurtoesig-raamwerk gedurende die afgelope jaar:

       
  • Alternatiewe geskil-oplossingsbeleid
  • Beleid oor direkteure se reg om onafhanklike professionele advies in te win
  • Mensehulpbronne- en vergoedingskomitee se oriënteringsbeleid
  • Beleid oor beleggersverhoudinge
  • IT-bestuurstoesigbeleid
  • Regsnakomingsbeleid
  • Nominasiekomitee se oriënteringsbeleid
  • Risikokomitee se oriënteringsbeleid
  • Risikobestuursbeleid
  • Volhoubare ontwikkelingsbeleid
 
       
       
  • Beleid oor aanstelling van nuwe direkteure
  • Ouditkomitee se oriënteringsbeleid
  • Etiese en sakegedragskode
  • Kommunikasiebeleid
  • Beleid oor direkteure se reg op toegang tot inligting/dokumente
  • Gesagsvlakke in die groep
  • Oriënteringsbeleid vir nuwe direkteure
  • Lewering van dienste deur onafhanklike ouditeur
  • Vergoedingsbeleid
  • Beleid oor handel in sekuriteite
  • Verklikkerbeleid
 
       
       
  • Risikokomitee se handves
 
       
       
  • Direksie se handves
  • Menslike hulpbronne- en vergoedingskomitee se handves
  • Nominasiekomitee se handves
  • Ouditkomitee se handves
 

 

Die samestelling van subkomitees van die direksie en subkomitees van die direksies van MIH, MultiChoice en Media24 is hersien en waar nodig gewysig.

Sterk klem is gelê op die formalisering van ons risikobestuursprosesse. Besonderhede van die ondernemingswye risikobestuursraamwerk verskyn op hier.

Kragtens die JSE se noteringsvereistes is verslagdoening ooreenkomstig King III van toepassing vir finansiële jaareindes vanaf 1 Maart 2010. In ooreenstemming met die oorheersende beginsel in King III om toe te pas of te verduidelik, is die direksie na sy beste wete oortuig dat die groep prosesse ter ondersteuning van die toepaslike beginsels van King III gevolg het of tans vestig.

King III bepaal dat direkteure ’n praktiese begrip moet hê van die uitwerking van wette, reëls, kodes en standaarde wat op die maatskappy en sy besigheid van toepassing is. Die maatskappy vertolk nie hierdie bepalings dat dit beteken die direksie oor regskundigheid op alle gebiede waar die maatskappy bedrywig is, beskik, of vertroud moet wees met alle wette wat op die maatskappy en sy verskillende onder nemings van toepassing is nie. Dit is ook nie prakties nie, aangesien Naspers in 131 lande en in verskeie subsektore van hierdie ekonomieë bedrywig is.

Die Naspers-direksie sien egter wel toe dat toereikende strukture en stelsels in plek is, met ampsdraers wat bekwaam genoeg is om die groep se voldoening aan die toepaslike wette te verseker. Voorts bestuur die direksie bestuurstoesig met behulp van sy oudit- en risikokomitees, wat die behoorlike werking van hierdie strukture en stelsels monitor en aan die direksie verslag doen.

Weens risikofaktore soos veral die veiligheid van ons bestuurshoofde in die ontluikende markte waarin ons werk, en moontlike oortredings van plaaslike privaatheidswette, het die direksie besluit om oor die vergoeding van uitvoerende bestuur van die maatskappy – nie die groep nie – verslag te doen. As sodanig word die vergoeding van die twee uitvoerende direkteure in die vergoedingsverslag op hier. Ander maatskappywerknemers verrig administratiewe funksies.

Die direksie is oortuig dat die huidige vergoedingstruktuur vir nie-uitvoerende direkteure – ’n enkele jaarlikse vergoeding – meer toepaslik vir die direksie en sy komitees is en lede se bydraes beter weerspieël.