Senior bestuur

       
 

 

 

 

Korporatief

Koos Bekker

Groep Uitvoerende Hoof

Koos Bekker het die span gelei wat M-Net in 1985 gestig het en was daarna tot 1997 uitvoerende hoof van die MIH-groep. Hy was ook ’n stigtersdirekteur van MTN. Hy is ’n direkteur van Media24, MIH B.V., MIH (Mauritius) Beperk, MIH Beherend, MultiChoice Suid-Afrika Beherend en ander maatskappye binne die breër groep Hy dien ook in die plaaslike reëlingskomitee vir die 2010 Fifa Sokkerwêreldbeker en die raad van die Universiteit van Stellenbosch Hy is sedert 1997 uitvoerende hoof van Naspers.


 

Steve Pacak

Groep Finansiële Hoof

Steve Pacak is op 1 April 2009 weer as finansiële direkteur in die direksie aangestel na sabbatsverlof van drie maande. Hy het in 1988 sy loopbaan by die Naspers-groep begin, as groep finansiële bestuurder by M-Net, en daarna verskeie uitvoerende poste in die MIH-groep beklee. Steve was die finansiële hoof van MIH Beherend (MIHH) vanaf November 1993 tot Januarie 1998. Hy is ’n direkteur van Media24, MIH B.V., MIH (Mauritius) Beperk, MIH Beherend, MultiChoice Suid-Afrika Beherend en ander maatskappye in die breër Naspers-groep. Steve is in 1998 as ’n uitvoerende direkteur van Naspers aangestel.


 

Cobus Stofberg

Uitvoerende Hoof: MIH

Cobus Stofberg het in 1985 by die Naspers-groep aangesluit. Hy het verskeie poste, waaronder dié van bedryfshoof, binne die MIH Beherend-maatskappygroep beklee. Hy was voorheen ’n direkteur van die groepmaatskappye NetHold, NetMed en NetHold Hy is tans uitvoerende hoof en ’n direkteur van MIH B.V.


 

Basil (Vasili) Sgourdos

Finansiële Hoof: MIH

Basil Sgourdos is ’n gekwalifiseerde Suid-Afrikaanse geoktrooieerde rekenmeester en het van 1989 tot 1994 by PriceWaterhouseCoopers gewerk, waarna hy aanvanklik by die groep aangesluit het as finansiële bestuurder van die afdeling Suid-Afrikaanse werksaamhede by MultiChoice. Daarna was hy 10 jaar lank finansiële hoof van ons belegging in die Thai-genoteerde United Broadcasting Corporation Pcl. Die daaropvolgende twee jaar was hy in Amsterdam as hoofbestuurder van betaaltelevisie-besigheidsontwikkeling wêreldwyd, voordat hy vanaf Januarie 2009 in sy huidige rol as groep finansiële hoof van MIH aangestel is.


 

Mark Sorour

Groepbeleggingshoof: Samesmeltings & Verkrygings en
Korporatiewe Finansies

Mark Sorour is ’n gekwalifiseerde geoktrooieerde rekenmeester wat voorheen verskeie betrekkings in die oudit- en die korporatiewe finansies-afdeling van PricewaterhouseCoopers beklee het. Nadat hy sy kwalifikasie verwerf het, was hy vyf jaar lank ’n beleggingsbankier. In 1994 het hy by MIH, die internasionale afdeling van die Naspers-groep, aangesluit waar hy aan die hoof was van sakeontwikkeling regoor Afrika, die Midde-Ooste, Thailand, China, Europa, die VSA en Asië. Dit het ingesluit dat hy na Hongkong en later na Nederland moes verhuis as hoofbestuurder van korporatiewe finansies en verkrygings. Met die herstrukturering van die Naspers-groep in 2002 het Mark met sy gesin na Kaapstad teruggekeer, waar hy as beleggingshoof aangestel is, aan die stuur van korporatiewe finansies en samesmeltings & verkrygings vir die Naspers- en MIH-groep.


 

André Coetzee

Groepraadgewer

André Coetzee is sedert 1985 ’n regsadviseur vir die MIH-groep en geassosieerde maatskappye. Voordat hy by die Naspers-groep aangesluit het, was dr Coetzee ’n vennoot by die prokureursfirma Mallinicks, van 1984 tot 1999. In Junie 1999 het hy die MIH-groep se algemene raadgewer geword.