Ontledersverslae

 

Om die omvang en gehalte van navorsing te verhoog, het Naspers werkverhoudinge met aandelemakelaars, beleggingsbanke en kredietgraderingsagentskappe – ongeag hul sienings of aanbevelings oor die groep. Naspers kan ’n ontleder se verslag of verdienstemodel nagaan vir die feitelike juistheid van inligting in die openbare domein, maar dit sal in ooreenstemming met regulasies en groepbeleid gedoen word. Ons sal nie riglyne of vooruitskattings gee nie.

Die direksie moedig aandeelhouers aan om sy algemene jaarvergadering, waarvan die kennisgewing by hierdie jaarverslag ingesluit is, by te woon. By hierdie geleentheid kan aandeelhouers vrae aan die direksie, bestuur en die voorsitters van die onderskeie subkomitees stel.

Die maatskappy se webwerf www.naspers.com verskaf die jongste en historiese finansiële en ander inligting, insluitend finansiële verslae.