Omtrent Naspers
|
Watter soort saak bou ons? Watter diens lewer ons aan ons gebruikers? Sake-oorsig Naspers is 'n toonaangewende multinasionale mediagroep, wat in 1915 as 'n openbare maatskappy met beperkte aanspreeklikheid ingelyf en op die Johannesburg Sekuriteitebeurs (JSE) in September 1994 noteer is. Die maatskappy het ook 'n ADR-notering op die Londense Aandelebeurs (LSE). Oor die afgelope twee dekades het die groep ontwikkel van 'n tradisionele drukmedia besigheid in een land tot 'n breë basis e-media maatskappy in veelvuldige markte. Die groep se hoof bedrywighede is op internetplatforms (toegespits op handel, gemeenskappe, inhoud, kommunikasie en speletjies), betaaltelevisie en die lewering van aanverwante tegnologieë en drukmedia (insluitende uitgewery, verspreiding en druk van tydskrifte, koerante en boeke). Die meeste van Naspers se besighede het leidende posisies in die mark. Die groep se mees betekenisvolle bedrywighede vind in Suid-Afrika en elders in lande suid van die Sahara, China, Rusland, Oos-Europa, Nederland, Indië, Brasilië en Thailand plaas. Missie en Strategie Die strategie is om vermaak, handelsgeleenthede en inligting te voorsien, asook om gebruikers die geleentheid te bied om aan gemeenskappe deel te neem, ongeag waar hulle is. Die groep se kundigheid lê in die volgende:
Die groep wil graag deur sy verskillende bedrywighede van nut wees vir die gemeenskappe wat hy bedien en gebruik sy kundigheid vir daardie doel. |