- Inleiding
- Toepassing van en
Benadering tot King III - Stand van Nuwe
Maatskappywet - Verklaring Oor Sake Etiek
- Nakomingsraamwerk
- Die Direksie
- Direksiekomitees
- Interne Beheerstelsels
- Interne Oudit
- Nie Ouditdienste
- IT bestuurstoesig
- Maatskappysekretaris
- Beleggersverhoudinge
- Geslote Tydperke
- Ontledersverslae
Volhoubare Ontwikkeling
- Maatskaplike Ooorsig
- Transformasie
- Regstreekse Bemagtiging
- Werknemers
- Korporatiewe Burgerskap
- Gesondheid en Veiligheid
- Omgewing
- Regulatoriese Omgewing
en Boetes
GRI Reports
(slegs in Engels beskikbaar)
Omgewing
Deur verbetering en volhoubare tegnologiese vernuwing, streef Naspers om oplossings te skep wat sy omgewingsimpak tot die minimum beperk. HOE ONS DIT DOEN
Naspers se Suid-Afrikaanse werksaamhede het hul bruto koolstofvoetspoor met betrekking tot bestek 1- en 2-uitlatings vir die tweede jaar agtereenvolgens ooreenkomstig die Greenhouse Gas (GHG)-protokol gemeet. Elektrisiteit bly die grootste bydraer tot direkte uitlatings. Aangesien steenkool, wat ’n hoër uitlatingskoers het, Suid-Afrika se hoofbron van elektrisiteit is, is elektrisiteit vir 100% van bestek 2-uitlatings verantwoordelik (95% van totale uitlatings). Deurlopende voorsiening van goeie gehalte elektrisiteit is uiters belangrik vir die voortsetting van ons bedrywighede. Die groep het kragopwekkers by sekere fasiliteite geïnstalleer om deurlopende elektrisiteit-voorsiening te verseker en dus die risiko van ontwrigtings te beperk. Die bruto koolstofvoetspoor (bestek 1 en 2) is 141 081 ton Co2e (2010: 129 760 ton CO2e). Die groep het direkte uitlatings by sowat 12 plekke regoor Suid-Afrika gemeet en sal in die komende jaar fokus op die verfyning van die proses om volledige datareekse in te samel. Die drukkerye dra 59% tot die groep se totale koolstof-uitlatings by. Ons gebruik van elektrisiteit het die afgelope jaar met 9% afgeneem, terwyl die GHG-uitlatingsfaktor vir elektrisiteit met 10% gestyg het. KWEEKHUISGASSEIn MultiChoice en Media24 is ’n aantal Think Green-inisiatiewe van stapel gestuur om ons koolstofvoetspoor te verminder en die volhoubaarheidsveldtog te ondersteun. Inisiatiewe vir groter energiedoeltreffendheid wat die afgelope jaar begin is, sluit in:
Afvalbestuursinisiatiewe het ingesluit:
Uitreik-inisiatiewe na die gemeenskap is ook van stapel gestuur:
Naspers se bedrywighede is uiteenlopend en wissel van drukkerye tot transaksie-internetplatforms wat vermaak of produkte aanbied. Elke tipe onderneming het ’n unieke uitwerking op die omgewing, wat verskillende maatreëls verg om hierdie impak te beperk. Drukfasiliteite Paarl Media is die eerste drukkery-onder-neming in Afrika wat die Forest Stewardship Council (“FSC”) se bewaringskettingsertifisering ontvang het. Dit is ’n onafhanklike internasionale verifikasie dat gedrukte produkte vanaf hul oorsprong tot verantwoordelike, goed bestuurde bosbou-, beheerde en herwonne bronne nagespoor kan word. Paarl Media bied klante ’n omgewings-volhoubare papierreeks en het die voortou geneem in die Suid-Afrikaanse drukkerybedryf deur die impak van drukproduksieprosesse op natuurlike hulpbronne te erken en praktyke in te stel om uitlatings uit te skakel. Die Paarl Media-groep spits hom toe op vermindering, en alle papier wat nie as deel van die gedrukte produk verkoop word nie, word herwin en aan Mondi verskaf. Toerusting in die opgegradeerde Paarl Media Cape-drukkery verseker dat stofdeeltjies afkomstig van die drukproses versamel en herwin word. Media24 se hoofprodukte is boeke, tydskrifte en koerante. Die maatskappy herwin alle onverkoopte tydskrifte en koerante en gebruik sy tydskrifte en koerante as platforms om lesers in te lig en te help om hul impak op die omgewing te verminder. Betaaltelevisie Insiggewende programme verseker dat kykers ingelig en aangemoedig word om hul onmiddellike omgewing te beskerm. Internet Bydraes word ook gelewer in sekere maatskappye waarin ons minderheidsbelange het. Tencent se vrywilligervereniging, met meer as 1 000 werknemers as lede, het die afgelope vyf jaar al talle boomplantgeleenthede gehou om Tencent Green Forests uit te brei. Tencent-vrywilligers het al meer as 1 000 bome geplant. Die omgewingsimpak van ons internasionale ondernemings is hoofsaaklik tot die gebruik van elektrisiteit beperk. |