Nie-Ouditdienste

 

Die groep se hersiene beleid oor nie-ouditdienste verskaf riglyne vir die hantering van oudit-, ouditverwante, belasting- en ander nie- ouditdienste wat deur Naspers se onafhanklike ouditeur aan groepentiteite gelewer kan word. Dit spesiiseer ook dienste wat nie deur die onafhanklike ouditeur gelewer mag word nie.

Die ouditkomitee keur oudit- en nie- ouditdienste vooraf goed om te verseker dat dit nie die ouditeur se onafhanklikheid aantas nie, en aan wetgewing voldoen. Volgens ons riglyne sal die onafhanklike ouditeur se onafhanklikheid as aangetas beskou word indien hy/sy ’n diens lewer waar hy/sy:

  • ’n bestuursrol in die maatskappy vervul, of
  • sy/haar eie werk oudit, of
  • as ’n kampvegter vir die maatskappy optree.