Maatskappygeskiedenis

 

 

 

Geskiedenis en ontwikkeling 

Naspers is op 12 Mei 1915 in Kaapstad geïnkorporeer as ’n openbare maatskappy met beperkte aanspreeklikheid ingevolge die wette van die destydse Unie van Suid-Afrika. Naspers bedryf sy werksaamhede hoofsaaklik deur sy filiale en ander geaffilieerdes. Die maatskappy se uitvoerende hoofkantoor is by Heerengracht 40, Kaapstad 8001, Suid-Afrika (telefoon +27 21 406 2121).

Naspers het in 1915 as ’n drukker en uitgewer van koerante en tydskrifte begin. Later is sy boekuitgewery gestig. Naspers se drukmediabedrywighede het oor die jare sodanig uitgebrei dat Naspers nou een van die toonaangewende mediagroepe in Afrika is.

Met die koms van elektroniese media in die 1980’s het Naspers sy werksaamhede uitgebrei om betaaltelevisie- en later internetplatforms in te sluit.

In 1985 het Naspers en verskeie ander Suid-Afrikaanse mediamaatskappye ’n elektroniese betaalmedia-onderneming, M-Net, gestig. M-Net word in 1990 op die Johannesburgse Sekuriteitebeurs Beperk (“die JSE”) genoteer.

In Oktober 1993 is M-Net in twee maatskappye verdeel. Die besighede vir intekenarebestuur, seinverspreiding en selfone is saam met ’n besit in FilmNet (’n betaaltelevisie-operateur in Europa) in ’n nuwe maatskappy genaamd MultiChoice Beperk (later herdoop tot MIH Beherend Beperk) geplaas.

In 1995 het Richemont S.A. en MultiChoice Beperk hul wĂȘreld betaaltelevisiebedrywighede saamgesmelt in ’n enkele onderneming genaamd NetHold BV, wat MultiChoice deur sy filiaal MIH Beperk beheer het. Die samesmelting het die belang in FilmNet, MultiChoice se bedrywighede in Afrika, en Richemont se belang in Telepiu ingesluit.

In Maart 1997 het MIH Beperk en Richemont die meeste van NetHold se bates met die Frankryk-gebaseerde betaaltelevisie-operateur Canal+ saamgesmelt. MIH Beperk het egter NetHold se Afrika-, Mediterreense en Midde-Oosterse betaaltelevisiebedrywighede behou en 49% van Irdeto Access van Canal+ verkry. MIH Beperk het ook ’n klein belang in Canal+ verkry. 

MIH Beperk het later sy belang in Canal+ verkoop om sy planne vir uitbreiding te befonds. Dit het ingesluit die aankoop van die oorblywende deel van Irdeto Access van Canal+, die aankoop van ’n belang van 31,1% in die Thaise betaaltelevisie-operateur UBC en die aankoop van ’n belang van 44,5% in OpenTV. OpenTV en MIH Beperk is in 1999 op die NASDAQ genoteer. In Augustus 2002 het MIH Beperk sy belang in OpenTV verkoop.

In 1997 het MIH Beperk ’n internetdiensverskaffer, M-Web Beherend, gestig. In Maart 1998 is M-Web Beherend op die JSE genoteer. Dit is later gedenoteer en Naspers beheer nou 100% van die ekonomiese belang in diĂ© maatskappy.

Gedurende 2000 het Naspers sy drukmediabesighede herorganiseer en onder die vaandel van die Media24-handelsmerk saamgesnoer.

In Mei 2001 het die groep ’n belang van 46,5% in Tencent, die operateur van ’n kitsboodskapplatform genaamd QQ in China, verkry. Die onderneming het sodanig ontwikkel dat dit die toonaangewende kitsboodskaponderneming in China geword het. Tencent is in Junie 2004 op die Hongkongse Aandelebeurs genoteer. Soos op 31 Maart 2009 het MIH 'n 35.04% belang in Tencent.

In Desember 2002 is Naspers herorganiseer, waarna die minderheidsbelange in MIH Beherend en MIH Beperk vir aandele in Naspers geruil is. MIH Beperk se aandeelhouers, woonagtig in enige land buiten Suid-Afrika, het hul belang in Naspers-aandele in die vorm van Naspers Amerikaanse Deposito-aandele (ADA’s) ontvang. MIH Beherend se aandele is van die JSE gedenoteer en MIH Beperk se aandele is van die NASDAQ gedenoteer. Naspers se ADA’s is terselfdertyd op die NASDAQ genoteer.

Naspers het ’n bykomende belang in M-Net en SuperSport verkry en beide maatskappye is daarna met ingang 15 April 2004 van die JSE en die Nigeriese Aandelebeurs gedenoteer.

In Desember 2004 het Naspers ’n strategiese belang van 9,9% in die Beijing Media Corporation, een van China se voorste mediamaatskappye verkry met sy hoofkoerant die Beijing Youth Daily. BMC is ’n mediamaatskappy wat hom hoofsaaklik toespits op die verkoop van advertensieruimte vir die Beijing Youth Daily, die uitgee van koerante en handel in drukverwante materiaal. 

Met ingang Februarie 2005 het MWEB die besigheid van Tiscali in Suid-Afrika verkry.

In Maart 2005 het Naspers al sy drukmedia, boekuitgewery (Via Afrika) en private onderwysbates (Educor) onder die Media24-vaandel gekonsolideer om die groepstruktuur te vereenvoudig.

In Januarie 2006 het Naspers sy volle belang in United Broadcasting Corporation plc (“UBC”), Thailand se voorste betaaltelevisie-operateur, en MKSC World Dot Com Co. (“MKSC”), ’n vooraanstaande Thaise internetdiensverskaffer, verkoop.

In Mei 2006 het Naspers ’n belang van 30% in die voorste Brasiliaanse mediamaatskappy Abril S.A. (“Abril”) verkry, teen ’n kontantkoopsom van US$422 miljoen. Met hierdie transaksie het MIH 'n belang in die groeiende Brasiliaanse mediamark deur 'n toonaangewende onderneming verkry. Hierbenewens besit Abril die land se voorste uitgewer van opvoedkundige boeke, en ’n betaaltelevisienetwerk.

In September 2006 het Media24 'n Swart Ekonomiese Bemagtigingsaandele-aanbod (SBM) in Welkom Yizani van stapel gestuur, wat aan geskikte Swart mense en Swart groepe 'n indirekte belang van 15% in Media24 deur Welkom Yizani gebied het. Die aanbod was drie keer oorvolskryf met oor die 100,000 aansoeke vir 14.6 miljoen gewone aandele in Welkom Yizani wat ontvang is. 

MCSA het twee geslaagde breë basis bemagtigingstransaksies gesluit. Onder die naam Phuthuma Nathi het die eerste transaksie 'n indirekte belang van 15% in die MCSA betaaltelevisie en internetbesigheid aan geskikte Swart persone en groepe gebied. Die aanbod, wat gedurende die laaste kwartaal van 2006 gesluit het, was drie keer oorvolskryf. Nagenoeg 120,000 aansoeke is vir die 45 miljoen gewone aandele in Phuthuma Nathi op aanbod ontvang. 

'n tweede transaksie het 'n verdere indirekte belang van 7.5% gebied aan daardie aansoekers wat nie hul volle toedeling in die eerste Phuthuma Nathi- en Welkom Yizani-aanbod ontvang het nie. Dié aanbod was meer as twee keer oorvolskryf. Ongeveer 3,500 aansoeke is vir die 22.5 miljoen gewone aandele op aanbod ontvang.

As gevolg van hierdie Phuthuma Nathi-transaksies is 22.5% van die aandele in MCSA gehou deur diegene wat weens SEB in aanmerking gekom het vir deelname daarin. Met die verkryging van die 40% belang in M-Net en SuperSport (besonderhede hieronder) het MCSA aandele uitgereik wat die aandeelhouding van die Phuthuma Nathi-aandeelhouers tot 20% verminder het.

In Desember 2006 het MIH 'n belang in 'n Russiese internetbesigheid, Port.ru Ing. (mail.ru) verkry. MIH het sedertdien sy belang in mail.ru tot 42,88% verhoog soos op 31 Maart 2009.

Vroeg in 2007 het MIH aan 'n kapitaalverkrygingsoefening deur Naspers deelgeneem. Die bemarkte aanbod van US$750 miljoen is twee keer oorvolskryf. Die toedeling is dus vergroot tot US$875 miljoen. Daarbenewens het die suksesvolle ‘groen skoen’ die opbrengs met 'n verdere nagenoeg 15% verhoog.

In Mei 2007 het Naspers van die NASDAQ gedenoteer en is op die Londense Aandelebeurs as 'n sekondĂȘre notering genoteer.

Die Groep het ook 100% van die uitgereikte aandeelkapitaal van Cloakware Ing. Dit is 'n VSA-maatskappy wat sagteware sekuriteitsoplossings voorsien. 

In Oktober 2007 was MWEB Afrika suksesvol met die verkryging van Afsat, die voorste Afrika-satelliet Internet Diensverskaffer vir US$38,4 miljoen.

In November 2007 het die Groep sy verkryging van 'n 40% belang in M-Net en SuperSport Internasionaal Beherend Beperk (SuperSport) afgehandel. 

Gedurende 2008 het MIH 100% van Tradus, 'n toonaangewende verskaffer van maatskappy-tot-maatskappy e-handelplatforms in Sentraal en Oos-Europa verkry. Dit is voorheen op die Londense Aandelebeurs genoteer. Die Tradus-groep is sedertdien herorganiseer in die Allegro- en Ricardo-groepe. 

Verder is Gadu-Gadu, 'n toonaangewende kitsboodskapplatform in Pole, gekoop en van die Warskouse Beurs gedenoteer.

MIH het ook onlangs sy belang in Nimbuzz, wat toegespits word op kitsboodskappe, mobiele SoIP en telekommunikasies, verhoog en in BuzzCity, 'n ontwikkelaar van wĂȘreld draadlose gemeenskappe en verbruikers-dienste, belĂȘ asook ACL Wireless (IndiĂ«) en Compera a Time (voorste verskaffer van mobiele toegevoegde waarde dienste in BrasiliĂ«).

In 2009 het MIH die verkoop van M-Web Afrika aan Telkom voltooi.

Lees Geskiedenis 1915 - 2009