- Inleiding
- Toepassing van en
Benadering tot King III - Stand van Nuwe
Maatskappywet - Verklaring Oor Sake Etiek
- Nakomingsraamwerk
- Die Direksie
- Direksiekomitees
- Interne Beheerstelsels
- Interne Oudit
- Nie Ouditdienste
- IT bestuurstoesig
- Maatskappysekretaris
- Beleggersverhoudinge
- Geslote Tydperke
- Ontledersverslae
Volhoubare Ontwikkeling
- Maatskaplike Ooorsig
- Transformasie
- Regstreekse Bemagtiging
- Werknemers
- Korporatiewe Burgerskap
- Gesondheid en Veiligheid
- Omgewing
- Regulatoriese Omgewing
en Boetes
GRI Reports
(slegs in Engels beskikbaar)
Korporatiewe Bburgerskap
GEMEENSKAPPEDie groep is aktief in sy gemeenskappe en fokus op geletterheids- en opvoedkundige programme in Afrika. As gevolg van die aard van sy besigheid speel MultiChoice ’n sleutelrol in sy gemeenskappe. Met die strewe om ’n volhoubare impak op die land se sosioekonomiese uitdagings te hê, het MultiChoice se maatskappye verskeie inisiatiewe van stapel gestuur. MultiChoice het ’n maatskaplike belegging-strategie ontwikkel wat by sy doelwitte aansluit. Dit sal tot breër Suid-Afrikaanse transformasie bydra. Die strategie fokus op die ontwikkeling van vaardighede wat vir MultiChoice se bedryf van deurslaggewende belang is en konsolideer sy sosiale programme in ’n enkele medium, DStv Be More. Let’s Play, wat in 2005 geloods is, het in 2010 by die bekendstelling van die Virgin Active sportbedryf-pryse die prys ontvang vir die beste maatskaplike verantwoordelikheid in sport. Let’s Play moedig laerskoolkinders aan om aan sport deel te neem en het vennootskappe met onder meer Unicef en die departemente van basiese onderwys en sport en ontspanning aangegaan. Tydens die 2010-Fifa-wêreldbekertoernooi het Let’s Play met die plaaslike organiseringskomitee en die departement van basiese onderwys saamgespan om die My 2010 Schools Adventure-program aan te bied, waarby 7 500 skole betrek is. Deur die Let’s Play a Million-projek is 220 000 sokkerballe aan skole en gemeenskappe in die hele land versprei. GEVALLESTUDIE – SUPERSPORT SE BETROKKENHEID BY SOKKERLIGAS IN AFRIKASuperSport is betrokke by die sokkerfederasies in Nigerië, Kenia, Zambië, Angola, Ghana en Uganda. In sommige gevalle is die tariewe wat SuperSport betaal om die plaaslike sokkerwedstryde uit te saai, tot 75% van hul inkomste. Ons sokkerkonsultant, Stanley Matthews, bied gereeld werksessies aan wat korporatiewe bestuurstoesig, administrasie en bestuur van die ligas verbeter. SuperSport help met die bestuur van hul webwerwe, neem plaaslike inwoners in diens en rus hulle toe met vaardighede, en belê sterk in infrastruktuur soos ateljees, uitsaaivoertuie ensovoorts. Ons help die ligas om borgskappe te kry en stel hulle in staat om aan ’n uitruilprogram met die Duitse Bundesliga deel te neem, waar administrateurs, spelers en joernaliste werksessies in Duitsland bywoon. Toeskouergetalle het vinnig toegeneem sedert SuperSport by die federasies betrokke begin raak het – in Kenia was daar byvoorbeeld ’n toename van gemiddeld 2 000 tot 20 000 toeskouers per wedstryd. In vennootskap met die ministeries van onderwys in Afrika-lande, het MultiChoice hulpbronsentrums as ’n leerhulpmiddel vir leerders gevestig in skole met ’n tekort aan hulpbronne. Daar word nou 900 van hierdie sentrums in 28 lande bedryf – 172 nuwe sentrums is die afgelope finansiële jaar geopen. MultiChoice voorsien en installeer dekodeerders, televisies en DVD-opnemers. Die DStv Education-boeket word kosteloos aan MultiChoice-hulpbronsentrums verskaf. Die boeket bestaan uit agt opvoedkundige kanale: History, National Geographic, National Geographic Wild, BBC World, BBC Knowledge, Discovery, Mindset Learn en Animal Planet. Hierbenewens word opvoeders in hierdie skole opgelei om hierdie opvoedkundige programme met leerplanne te integreer. Media24 wil hê dat alle Suid-Afrikaners moet kan lees. Daarom het die maatskappy in talle projekte belê wat opvoed, ophef en ontwikkel, veral ten opsigte van geletterdheid. Media24 het die afgelope jaar sowat R13m in gemeenskapsprojekte oor die hele Suid-Afrika belê, met die fokus op welsyn, gesondheid en onderwys. Verder het Media24 se koerante en tydskrifte gratis redaksionele en advertensieruimte beskikbaar gestel om bewustheid te skep van en ondersteuning te werf vir ’n aantal sosio-ekonomiese kwessies in die land. Paarl Media is op sowel maatskaplike as omgewingsvlak aktief betrokke by sy gemeenskappe. Van sy huidige projekte sluit die volgende in:
TEN BATE VAN DIE GEMEENSKAPMultiChoice reik uit na die plaaslike gemeenskappe waarin hy bedrywig is en ondersteun inisiatiewe soos skenkings vir rampverligting in Uganda, vir die slagoffers van modderstortings in die ooste van die land, en die boeredag-vierings in Ghana. In Nigerië ondersteun MultiChoice die sekelsel-stigting. Ons voorsien voertuie en promosie-ondersteuning vir die stigting deur ons platform te gebruik om bewustheid van die siekte te skep en inligting oor behandeling te verskaf. Waardevolle werk word ook gedoen in van die ondernemings waarin ons minderheidsbelange het.
|