- Inleiding
- Toepassing van en
Benadering tot King III - Stand van Nuwe
Maatskappywet - Verklaring Oor Sake Etiek
- Nakomingsraamwerk
- Die Direksie
- Direksiekomitees
- Interne Beheerstelsels
- Interne Oudit
- Nie Ouditdienste
- IT bestuurstoesig
- Maatskappysekretaris
- Beleggersverhoudinge
- Geslote Tydperke
- Ontledersverslae
Volhoubare Ontwikkeling
- Maatskaplike Ooorsig
- Transformasie
- Regstreekse Bemagtiging
- Werknemers
- Korporatiewe Burgerskap
- Gesondheid en Veiligheid
- Omgewing
- Regulatoriese Omgewing
en Boetes
GRI Reports
(slegs in Engels beskikbaar)
Inleiding
Die direksie bedryf die sake van die groep met integriteit, deur geskikte korporatiewe bestuurstoesigbeleid en -praktyke toe te pas. Naspers is ’n multinasionale mediagroep met bedrywighede in 131 lande insluitend Afrika, Suid-Amerika, Europa, China, Indië, suidoos- Asië en die VSA. Sy primêre notering is op die JSE Beperk (JSE). Die maatskappy is dus onderhewig aan die noteringsvereistes van die JSE, die riglyne wat vervat is in die King-kode en -verslag oor korporatiewe bestuurstoesig vir Suid-Afrika van 2009 (King III), asook wetgewing van toepassing op publiek-genoteerde maatskappye in Suid-Afrika. Naspers het ook ’n sekondêre notering van sy Amerikaanse deposito-aandele (ADA’s) op die Londense aandelebeurs (LSE). Voldoening aan sowel die JSE- as toepaslike LSE-noteringsvereistes word deur die oudit- en risikokomitees van die direksie gemonitor. Die direksie se oudit-, risiko-, nominasie- en menslike hulpbronne- en vergoedingskomitees speel ’n sleutelrol om goeie korporatiewe bestuurstoesig te verseker. Die groep gebruik onafhanklike eksterne adviseurs om regulatoriese ontwikkelinge, plaaslik en internasionaal, te monitor sodat bestuur aanbevelings oor sake rakende korporatiewe bestuurstoesig aan die Naspers-direksie kan voorlê. |