Interne Oudit

 

’n Interne ouditfunksie bestaan in die hele groep. Dit is ’n onafhanklike evalueringsmeganisme wat die groep se prosedures en stelsels, insluitend interne beheermaatreëls, openbaarmakings-prosedures en inligtingstelsels, evalueer en verseker dat dit doeltreffend funksioneer. Die hoof van interne oudit doen verslag aan die voorsitter van Naspers se ouditkomitee, met administratiewe rapportering aan die finansiële direkteur. ’n Groot deel van die interne ouditveldwerk word uitgekontrakteer.