Geslote Tydperke

 

Naspers sal tipies in ’n geslote tydperk wees vanaf die dag ná die einde van ’n verslagtydperk (30 September of 31 Maart) tot wanneer die resultate vrygestel word. Algemene interaksie met beleggers gedurende hierdie tydperk is beperk tot gesprekke oor strategie en/of historiese inligting wat aan die publiek beskikbaar is.