Dividend-inligting

 

 

 

Dividend Nommer 80

Kennis geskied hiermee dat ’n jaarlikse gewone dividend teen die koers van 207 sent per N- gewone aandeel en 41 sent per ongenoteerde A- gewone aandeel deur die direksie voorgestel is en aan aandeelhouers wat met die sakesluiting op Vrydag, 11 September 2009 in die boeke van die maatskappy verskyn, betaal sal word. Die voorgestelde dividende sal op Vrydag, 28 Augustus 2009 by die algemene jaarvergadering van die maatskappy goedgekeur word. ’n Aankondiging om die voorgestelde dividend te bevestig, sal op Vrydag, 28 Augustus 2009 deur die JSE se sentrale nuusagentskap (SENS) bekend gemaak word en op Saterdag, 29 Augustus 2009 in die pers verskyn.

In ooreenstemming met die vereistes van Strate is die volgende datums van toepassing:

2009
Laaste dag vir verhandeling met dividend Vrydag, 4 September
Sekuriteite begin sonder dividend verhandel Maandag, 7 September
Rekorddatum Vrydag, 11 September
Betaaldatum Maandag, 14 September

 

Die dividend is in die geldeenheid van die Republiek van Suid-Afrika verklaar.

Aandelesertifikate mag nie tussen Maandag, 7 September 2009 en Vrydag, 11 September 2009, met inbegrip van albei datums, gedematerialiseer of gerematerialiseer word nie.

Op las van die direksie.

G Kisbey-Green
Sekretaris
30 Junie 2009