Direkteure

         
 

 

 
Ton Vosloo

Ton Vosloo (73) is in 1984 as besturende direkteur van Naspers aangestel en was van 1992 tot 1997 uitvoerende voorsitter. Mnr Vosloo was van 1956 tot 1983 as joernalis werksaam en van 1977 tot 1983 redakteur van Beeld. Hy is ’n direkteur van Media24 en MultiChoice Suid-Afrika Beherend, voorsitter van MIH BV, MIH Beherend en MIH (Mauritius), en onafhanklike nie-uitvoerende voorsitter van die direksie van Naspers, ’n pos wat hy sedert 1997 beklee. Hy is ’n voormalige voorsitter van Sanlam, M-Net, WWF Suid-Afrika en die Kaapse Filharmoniese Orkes. Mnr Vosloo was in 1970 ’n Nieman- genoot aan Harvard-universiteit. Drie eredoktorsgrade is aan hom toegeken.

Rachel Jafta

Rachel Jafta (50), wat die grade MEcon en PhD verwerf het, is ’n professor in ekonomie aan die Universiteit Stellenbosch. Sy het in 2003 as ’n direkteur by Naspers aangesluit en is in 2007 as ’n direkteur van Media24 aangestel. Sy is lid van die Suid-Afrikaanse Ekonomievereniging, ’n direkteur van Econex, voorsitter van die Kaapstad Karnavaltrust en ’n raadslid van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge. Sy is lid van Naspers en Media24 se oudit- en risikokomitees. In April 2008 is sy as voorsitter van Media24 se oudit- en risikokomitees aangestel.

Koos Bekker

Koos Bekker (58) het die span gelei wat M-Net in 1985 gestig het. Hy was ook ’n stigtersdirekteur van MTN. Hy was uitvoerende hoof van die MIH-groep tot 1997, toe hy as uitvoerende hoof van Naspers aangestel is. Hy dien in die direksies van ander maatskappye in die breër groep. Hy het ook in die plaaslike reëlingskomitee vir die 2010-Fifa-Wêreldbekertoernooi, die raad van die Universiteit Stellenbosch en verskeie liggame gedien. Hy het verskeie kwalii kasies, waaronder BAHons (Stellenbosch), LLB (Wits), MBA (Columbia) en ’n eredoktorsgraad.

Jakes Gerwel

Jakes Gerwel (65) het in 1999 as ’n direkteur by Naspers aangesluit. Hy was voorheen direkteur-generaal in die kantoor van oud-president Nelson Mandela, en rektor van die Universiteit van die Wes-Kaap. Hy is kanselier van Rhodes-universiteit, vooraanstaande professor in geesteswetenskappe aan die Universiteit van die Wes-Kaap en ereprofessor in geesteswetenskappe aan die Universiteit van Pretoria. Hy is nie-uitvoerende voorsitter van Aurecon, Brimstone Investment Corporation, Life Healthcare en Media24. Hy is voorsitter van die trusteerade van die Nelson Mandela-, Mandela Rhodes- en Allan Gray Orbis-stigtings, en ondervoorsitter van die Vredesparke-stigting. Hy dien in die uitvoerende bestuur en mensehulpbronne- en nominasiekomitee van Media24 en Naspers.

Debra Meyer

Debra Meyer (43) is in 2009 as direkteur aangestel. Sy is professor in biochemie aan die Universiteit van Pretoria en het ’n PhD-graad in biochemie en molekulêre biologie aan die UC Davis-universiteit (Kalifornië) verwerf. Sy publiseer in wetenskaplike tydskrifte en lewer bydraes aan verskeie koerante en tydskrifte. Sy is ’n gepubliseerde digter, het verskeie pryse op haar vakgebied ontvang en is in 2007 deur Rapport en City Press benoem as een van tien kandidate vir die Prestigious Women-prys. Sy is betrokke by maatskaplike kwessies, veral MIV/vigs, en dien as trustee of direksielid van verskeie organisasies.

Steve Pacak

Steve Pacak (56), ’n gekwalii seerde GR(SA), het in 1988 sy loopbaan by Naspers as groep- i nansiële bestuurder van M-Net begin en verskeie uitvoerende poste in die MIH-groep beklee. Hy is ’n direkteur van Media24, MIH BV, MIH (Mauritius), MIH Beherend, MultiChoice Suid-Afrika Beherend en ander maatskappye binne die breër groep. Hy is in 1998 as ’n uitvoerende direkteur van Naspers aangestel.

Boetie van Zyl

Boetie van Zyl (72) se kwalifikasies sluit in PrIng en BScIng(Meganies) (UK). Hy het in 1988 as ’n direkteur by Naspers aangesluit. Hy is ’n lid van die direksies van MIH Beherend en Media24, ’n direkteur van die Vredesparke-stigting in Suid-Afrika en ’n trustee van WWF Suid-Afrika. Hy is voorsitter van die oudit- en risikokomitees van Naspers, lid van die oudit- en risikokomitees van Media24 en MIH, en lid van die mensehulpbronne- en nominasiekomitees van Media24 en Naspers.

Francine-Ann du Plessis

Francine-Ann du Plessis (56) is sedert 2003 ’n direkteur van Naspers en sy het die grade BComHons(Belasting), LLB en GR(SA) verwerf. Hoewel sy as advokaat van die Kaapse Hooggeregshof toegelaat is, praktiseer sy as geoktrooieerde rekenmeester en is sy ’n direkteur van Loubser Du Plessis Ing. Sy is lid van die oudit- en risikokomitees van Naspers. Sy dien ook in die direksies van Sanlam, ArcelorMittal en Life Healthcare.

Fred Phaswana

Fred Phaswana (66) se kwalifikasies sluit MA en BComHons in, en in 2010 het hy ’n BA (Filosoi e, Politiek en Ekonomie) aan die Universiteit van Suid-Afrika verwerf. Hy het in 2003 as ’n direkteur by Naspers aangesluit. Hy is voorsitter van die Standard Bank-groep en van Standard Bank van Suid-Afrika Beperk. Hy is ook voorsitter van die SA Instituut vir Internasionale Aangeleenthede.

Lambert Retief

Lambert Retief (58) het die grade BCom en BComHons aan die Universiteit Stellenbosch verwerf. Daarna het hy as geoktrooieerde rekenmeester gekwalii seer en die Owner President Management (OPM)-program aan die Harvard-sakeskool voltooi. Hy is ’n direkteur van Media24, voorsitter en voormalige uitvoerende hoof van Paarl Media-groep en ’n direkteur van ander i liaalmaatskappye in die groep. Hy is ook ’n direkteur van die genoteerde Zeder Beleggings Beperk.

Ben van der Ross

Ben van der Ross (64), wat ’n regsdiploma (UK) het en ook toegelaat is as prokureur, is voorsitter van Strategic Real Estate Management (Eiendoms) Beperk, die bestuurders van die Emira Property Fund. Hy dien ook, onder andere, in die direksies van FirstRand Beperk, MMI Holdings Beperk en Pick n Pay Stores Beperk.

Lourens Jonker

Lourens Jonker (71) het die graad BScAgric verwerf, met verdere studie aan die UC Davis-universiteit (Kalifornië). Hy het programme vir direkteursontwikkeling by IMD in Lausanne, Switserland en GIBS (Universiteit van Pretoria) voltooi. Hy is die eienaar van Weltevrede-wynlandgoed. Hy het in 1981 lid van KWV Koöperasie se direksie geword, en in 1994 voorsitter van KWV Groep Beperk. Hy het die voortou geneem met KWV se suksesvolle oorskakeling van ’n koöperasie na ’n ten volle gekommersialiseerde maatskappy, en in Desember 2003 uit die KWV-direksie bedank.

Hein Willemse

Hein Willemse (53) het die grade MA (cum laude), MBL en DLitt verwerf. Hy is as letterkundeprofessor aan die Universiteit van Pretoria verbonde. Hy is ’n direksielid of trustee van verskeie nasionale en internasionale vakverenigings of gemeenskapsorganisasies.

Neil van Heerden

Neil van Heerden (71), het ’n BA-graad, is ’n trustee van die Universiteit van die Wes-Kaap, voormalige direkteur-generaal van buitelandse sake, ambassadeur aan die Federale Republiek van Duitsland, ambassadeur aan die Europese Unie en voormalige uitvoerende direkteur van die Suid-Afrika Stigting (nou Suid-Afrika Besigheidsleierskap). Hy is ’n direkteur van ander maatskappye.