| |
Hoewel die hele direksie verantwoordelik en aanspreeklik bly vir die prestasie en sake van die maatskappy, delegeer hy sekere funksies aan subkomitees en bestuur om te help om die direksie se pligte na te kom. Toepaslike strukture vir hierdie delegering, asook gepaardgaande monitering- en rapporteringstelsels, bestaan.
Elke subkomitee tree binne ooreengekome skriftelike opdragte op. Die voorsitter van elke subkomitee doen by elke geskeduleerde direksievergadering verslag.
Die voorsitter van elke subkomitee is ān nie-uitvoerende direkteur en is verplig om algemene jaarvergaderings by te woon om vrae te beantwoord.
Twee Naspers-direkteure dien in die veiligheids-, gesondheids- en omgewingskomitee van Media24.
Die bestaande direksie-subkomitees word hieronder bespreek.
Uitvoerende Komitee
Hierdie komitee bestaan uit ān meerderheid van nie-uitvoerende direkteure, van wie een die voorsitter van die direksie is en ook as voorsitter van die uitvoerende komitee dien, plus twee uitvoerende direkteure. Die uitvoerende komitee tree namens die direksie op in die bestuur van dringende aangeleenthede wanneer die direksie nie in sitting is nie, onderhewig aan statutĆŖre beperkings en die direksie se beperkings op delegering. Hierdie komitee het die afgelope finansiĆ«le jaar drie keer vergader. Besonderhede van bywoning van vergaderings verskyn op hier.
Ouditkomitee
Hierdie komitee, onder voorsitterskap van mnr Boetie van Zyl, bestaan slegs uit nie- uitvoerende onafhanklike direkteure. Alle lede is inansieel geletterd en beskik oor sake- en finansiƫle kundigheid.
Die komitee het die afgelope finansiƫle jaar vier vergaderings gehou. Besonderhede van bywoning verskyn op hier. Die uitvoerende hoof en finansiƫle direkteur woon komiteevergaderings op uitnodiging by.
Sowel interne as eksterne ouditeure het onbeperkte toegang tot die komitee deur die voorsitter. Die interne en eksterne ouditeure maak ook hul bevindings aan die komitee bekend terwyl lede van die uitvoerende bestuur nie teenwoordig is nie.
Die voorsitter van die direksie is nie ān lid van die ouditkomitee nie, maar kan vergaderings op uitnodiging bywoon.
Die hoofverantwoordelikhede van hierdie komitee, benewens sy verantwoordelikhede ingevolge die Maatskappywet, is die volgende:
- Nagaan en goedkeuring van die maatskappy se geĆÆntegreerde jaarverslag, finansiĆ«le jaarstate, tussentydse en voorlopige verslae, en enige ander nuusvrystellings met ān wesenlike finansiĆ«le impak of impak op interne beheer. Finale goedkeuring berus by die direksie.
- Nagaan van die lewensvatbaarheid van die maatskappy en die groep as ān lopende saak, met toepaslike aanbevelings.
- Ontvangs van alle ouditverslae regstreeks van die eksterne ouditeur.
- Jaarlikse hersiening van en verslag doening oor die kwaliteit en doeltreffendheid van die ouditproses, insluitend die beoordeling van die eksterne ouditeur se onafhanklikheid.
- Evaluering van die hoofvennoot van die eksterne ouditeur, wat geroteer sal word soos regulasies vereis.
- Voorlegging van die komitee se gevolg- trekkings ten opsigte van die eksterne ouditeur aan die direksie, voor die jaarlikse versoek aan aandeelhouers om die aanstelling van die eksterne ouditeur goed te keur.
- Goedkeuring van die eksterne ouditeur se diensvoorwaardes en vergoeding. Evaluerin van en kommentaar oor die eksterne ouditeur se ouditplanne, omvang van hul bevindings, geĆÆdentifiseerde kwessies en verslae.
- Ontwikkeling van ān beleid vir die direksie om nie-ouditdienste wat deur die eksterne ouditeur gelewer word, goed te keur. Goedkeuring van nie-ouditdienste wat deur die eksterne ouditeur gelewer word ooreenkomstig bogenoemde beleid.
- Ontvangs van kennisgewing van rapporteerbare ongerymdhede (soos omskryf in die Wet op die Ouditprofessie) wat deur die eksterne ouditeur aan die Onafhanklike Regulatoriese Raad vir Ouditeure gerapporteer is.
- Evaluering van die doeltreffendheid van die interne ouditfunksie, insluitend sy doel, aktiwiteite, omvang, toereikendheid en koste, en goedkeuring van die jaarlikse interne ouditplan en enige wesenlike veranderings daaraan.
- Versekering dat die komitee behoorlik aandag gegee het aan:
- finansiƫle verslagdoeningsrisiko's
- interne finansiƫle beheer
- risiko van bedrog met betrekking tot finansiƫle verslagdoening, en
- IT-risiko's met betrekking tot finansiƫle verslagdoening.
|
- Evaluering van die aard en omvang van die formeel gedokumenteerde hersiening van interne finansiële beheermaatreëls wat jaarliks deur interne oudit namens die direksie uitgevoer moet word. Verslagdoening aan die direksie en in die geïntegreerde jaarverslag oor swakhede in interne finansiële beheermaatreëls wat as wesenlik beskou word (afsonderlik of saam met ander swakhede) en tot werklike wesenlike finansiële verlies, bedrog of foute gelei het.
- Goedkeuring van die handves vir interne oudit, wat jaarliks hersien moet word, vir aanbeveling by die direksie.
- Bevestiging van die aanstelling of ontslag van die hoof van die groep se interne ouditfunksie en periodieke hersiening van sy/haar prestasie. Versekering dat die interne ouditfunksie van tyd tot tyd aan ān onafhanklike kwaliteit- evaluering onderwerp word.
- Nagaan van interne oudit en die risikokomitee se verslae aan die ouditkomitee.
- Hersiening van nakoming van die vereistes van die JSE Beperk, die United Kingdom Listing Authority (āUKLAā) en die Londense aandelebeurs.
- Hersiening van prosedures in die lig van die King-kode oor korporatiewe bestuurstoesig.
- Monitering van voldoening aan direksie- goedgekeurde gesagsvlakke in die groep.
- Evaluering van:
- regsaangeleenthede wat die finansiƫle state kan raak
- belangrike aangeleenthede wat deur die interne en eksterne ouditeure en enige ander partye gerapporteer is, insluitend stilswyende potensiĆ«le risikoās vir die groep en aanbevelings oor toepaslike verbeterings
- belangrike onopgeloste rekeningkundige of ouditkwessies, en
- vordering ten opsigte van die afhandeling van kwessies wat deur die interne en eksterne ouditeure gerapporteer is.
|
- Daarstelling van prosedures vir die ontvangs, behoud en hantering van klagtes ontvang in verband met rekeningkundige, nterne beheer- en ouditaangeleenthede, risikobestuur en bestuurs- of ander bedrieglike aktiwiteite, insluitend prose dures vir vertroulike, anonieme rapportering deur werknemers.
- Jaarlikse evaluering van die prestasie en toepaslikheid van die kundigheid en ervarin van die finansiële direkteur en die finansiële unksie, met bekendmaking van die resultate in die geïntegreerde jaarverslag.
- Versekering dat ān gekombineerde gerusstellingsmodel toegepas word in ān gekoƶrdineerde benadering tot alle gerusstellings aktiwiteite, en dat die betrekkinge tussen eksterne verskaffers en die maatskappy gemonitor word. Koƶrdinering tussen interne en eksterne ouditeure moet geĆ«valueer word.
- Verslagdoening aan aandeelhouers by die algemene jaarvergadering oor hoe die komitee gedurende die finansiƫle jaar sy pligte ooreenkomstig die Maatskappywet nagekom het.
- Uitvoer van opdragte wat van die direksie ontvang word.
- Jaarlikse evaluering van die komitee se handves en aanbeveling van nodige wysigings daaraan vir goedkeuring deur die direksie.
- Jaarlikse hersiening van die handveste van die ouditkomitees van groot iliaalmaatskappye, en hersiening van hul jaarlikse evaluering van voldoening aan hierdie handveste, om te bepaal of die Naspers-komitee op die werk van die iliaalmaatskappye se komitees kan staatmaak.
- Jaarlikse selfevaluering van die doeltreffendheid van die komitee en verslagdoening aan die direksie oor hierdie bevindings.
Mensehulpbronne- en Vergoedingskomitee
Die hoofdoel van hierdie komitee is om die direksie se verantwoordelikheid ten opsigte van die strategiese mensehulpbronnekwessies van die groep na te kom, veral die aanstelling, vergoeding en opvolging van topbestuur. Die komitee bestaan uit minstens drie onafhanklike nie-uitvoerende direkteure. Die komitee se verantwoordelikhede word in die vergoedingsverslag op hier.
Risikokomitee
Die komitee bestaan uit minstens drie nie- uitvoerende direkteure, asook die uitvoerende hoof en finansiƫle direkteur. Die voorsitter van die direksie mag nie die voorsitter van hierdie komitee wees nie.
Lede van die komitee is individue met risikobestuursvaardighede en -ondervinding.
Die komitee se verantwoordelikhede sluit in:
- Hersiening van ān risikobestuursbeleid en -plan wat deur bestuur ontwikkel is, en goedkeuring vir aanbeveling by die direksie. Die risikobeleid en -plan word jaarliks hersien.
- Monitering van die toepassing van die risikobeleid en -plan, deur toe te sien dat ān toepaslike ondernemingswye risikobestuurstelsel bestaan, met toereikende en doeltreffende prosesse wat strategie, etiek, werksaamhede, verslagdoening, voldoening, IT en volhoubaarheid insluit.
- Aanbevelings by die direksie oor risiko- aanwysers, vlakke van risiko verdraag saamheid en risiko-aptyt.
- Monitering dat risikoās deur bestuur hersien word, en dat bestuur se hantering van geĆÆdentifiseerde risikoās binne direksie- goedgekeurde vlakke van risikoverdraag- saamheid is.
- Versekering dat risikobestuur gereeld deur bestuur geƫvalueer word.
- Voorlegging van ān formele opinie aan die direksie oor die doeltreffendheid van die risikobestuurstelsel en -proses.
- Nagaan van verslagdoening oor risikobestuur wat by die geĆÆntegreerde jaarverslag ingesluit moet word.
- Jaarlikse hersiening van die handveste van die risikokomitees van die groep se groot iliaalmaatskappye, en hul jaarlikse evaluering van voldoening aan hierdie handveste, om te bepaal of die Naspers-komitee op die werk van hierdie risikokomitees kan staatmaak.
- Jaarlikse selfevaluering van die doeltreffendheid van die komitee en verslagdoening aan die direksie oor hierdie bevindings.
|
|