- Inleiding
- Toepassing van en
Benadering tot King III - Stand van Nuwe
Maatskappywet - Verklaring Oor Sake Etiek
- Nakomingsraamwerk
- Die Direksie
- Direksiekomitees
- Interne Beheerstelsels
- Interne Oudit
- Nie Ouditdienste
- IT bestuurstoesig
- Maatskappysekretaris
- Beleggersverhoudinge
- Geslote Tydperke
- Ontledersverslae
Volhoubare Ontwikkeling
- Maatskaplike Ooorsig
- Transformasie
- Regstreekse Bemagtiging
- Werknemers
- Korporatiewe Burgerskap
- Gesondheid en Veiligheid
- Omgewing
- Regulatoriese Omgewing
en Boetes
GRI Reports
(slegs in Engels beskikbaar)
Die Direksie
SamestellingBesonderhede van die direkteure op 31 Maart 2011 word op hier. Naspers het ’n unitêre direksiestruktuur wat toesighoudende en beherende funksies vervul. Die direksie se handves sit die verdeling van verantwoordelikhede uiteen. Die meeste direksielede is nie-uitvoerende direkteure en onafhanklik van bestuur om te verseker dat geen individu onbeperkte besluitnemingsmag en -gesag het nie. Die rolle van die voorsitter en besturende direkteur is geskei. Mnr Boetie van Zyl tree op as die leidende direkteur in alle sake wat nie deur die onafhanklike nie-uitvoerende voorsitter hanteer word nie. Op 31 Maart 2011 het die direksie uit 11 onafhanklike nie-uitvoerende direkteure, een nie-uitvoerende direkteur en twee uitvoerende direkteure bestaan, soos omskryf in die noteringsvereistes van die JSE. Vyf direkteure (36%) kom uit voorheen benadeelde groepe en drie direkteure (21%) is vroue. Hierdie syfers is bogemiddeld vir JSE-genoteerde maatskappye. Die VoorsitterDie voorsitter is ’n onafhanklike nie-uitvoerende direkteur. Hy gee leiding aan die direksie en verseker dat die direksie doeltreffend en gefokus is en as ’n eenheid funksioneer. Die voorsitter se verantwoordelikhede sluit die volgende in:
Die Uitvoerende Hoof Die uitvoerende hoof rapporteer aan die direksie en is verantwoordelik vir die daaglikse sake van die groep en die uitvoer van beleid en strategieë wat deur die direksie goedgekeur is. Uitvoerende hoofde van die onderskeie ondernemings help hom met hierdie taak. Gesag wat deur die direksie aan bestuur toegesê is, word deur die uitvoerende hoof in ooreenstemming met goedgekeurde gesagsvlakke gedelegeer. Die funksies en verantwoordelikhede van die uitvoerende hoof sluit in:
Oriëntering en Ontwikkeling’n Induksieprogram word aangebied vir nuwe lede van die direksie en van sleutelkomitees, wat by die behoeftes van die aangestelde individue aangepas word. Die program behels bedryf- en maatskappyspesiieke oriëntering, insluitend vergaderings met senior bestuur om ’n begrip van bedrywighede te kry. Direksielede word ook blootgestel aan die hoofmarkte waarin die groep bedrywig is. Die maatskappysekretaris help die voorsitter met die induksie en oriëntering van direkteure, en reël spesiieke opleiding indien nodig. Die maatskappy gaan voort met die ontwikkeling van direkteure om kundigheid uit te brei en ’n begrip te skep van die ondernemings en die hoofmarkte waarby die groep betrokke is. Gedurende die afgelope jaar het prof Debra Meyer ’n mediakursus by Harvard bygewoon. Botsings van BelangePotensiële botsings word op toepaslike wyse bestuur om te verseker dat kandidaatdirekteure en bestaande direkteure geen belangebotsings tussen hul verpligtinge teenoor die maatskappy en hul persoonlike belange het nie. Enige belang in kontrakte met die maatskappy moet amptelik openbaar gemaak en gedokumenteer word. Direkteure moet ook by ’n beleid hou ten opsigte van die verhandeling van sekuriteite van die maatskappy. Onafhanklinke AdviesIndividuele direkteure mag, na oorleg met die voorsitter of die uitvoerende hoof, op die maatskappy se koste onafhanklike professionele advies inwin oor enige saak wat verband hou met die uitvoering van hul pligte as direkteure. Rol en Funksie van Die DireksieDie direksie het ’n handves aanvaar waarin sy verantwoordelikhede soos volg uiteengesit word:
Direksievergaderings en BywoningDie direksie vergader minstens vier keer per jaar, of wanneer nodig. Die uitvoerende komitee skenk aandag aan dringende sake wat nie tot die volgende geskeduleerde vergadering kan wag nie. Die direksie het gedurende die afgelope finansiële jaar vyf keer vergader. Onafhanklike nie-uitvoerende direkteure vergader minstens een keer per jaar sonder die uitvoerende hoof, finansiële direkteur en voorsitter, om die prestasie van hierdie persone te bespreek. Die maatskappysekretaris tree as sekretaris vir die direksie en sy subkomitees op en woon alle vergaderings by. Besonderhede van bywoning van vergaderings verskyn op hier. EvalueringDie nominasiekomitee voer die jaarlikse evalueringsproses uit. Die prestasie van die direksie en sy subkomitees, asook die direksievoorsitter, word teenoor hul onderskeie mandate ooreenkomstig die direksie se handves en dié van sy subkomitees geëvalueer. Die subkomitees doen selfevaluerings teenoor hul handveste vir oorweging deur die direksie. Hierbenewens word die prestasie van elke direkteur met behulp van ’n evalueringsvraelys deur die ander direksielede geëvalueer. Die voorsitter van die nominasiekomitee bespreek die resultate met elke direkteur en kom ooreen oor enige opleidingsbehoeftes of aspekte waaraan daardie direkteur aandag moet gee. Indien ’n direkteur se prestasie nie as bevredigend beskou word nie, sal die direksie nie aanbeveel dat hy/sy herkies word nie. ’n Gekonsolideerde opsomming van die evaluering asook enige aksies wat nodig is, word aan die direksie voorgelê en bespreek. Die leidende onafhanklike direkteur lei die bespreking van die voorsitter se prestasie, met verwysing na die resultate van die evalueringsvraelys, en gee terugvoer aan die voorsitter. Die jaarlikse evalueringsproses het getoon dat die direksie en sy subkomitees goed gefunksioneer het en hul pligte ooreenkomstig die mandate in hul handveste nagekom het. Voorts is die onafhanklikheid van elke direkteur geëvalueer. Die direksie het vasgestel dat hoewel sommige direkteure nege jaar of langer as lid dien, hulle almal bewys gelewer het van hul onafhanklikheid van aard en oordeel, en dat daar geen bande of omstandighede is wat moontlik of skynbaar hul onafhanklikheid sou kon aantas nie.
|