- Inleiding
- Toepassing van en
Benadering tot King III - Stand van Nuwe
Maatskappywet - Verklaring Oor Sake Etiek
- Nakomingsraamwerk
- Die Direksie
- Direksiekomitees
- Interne Beheerstelsels
- Interne Oudit
- Nie Ouditdienste
- IT bestuurstoesig
- Maatskappysekretaris
- Beleggersverhoudinge
- Geslote Tydperke
- Ontledersverslae
Volhoubare Ontwikkeling
- Maatskaplike Ooorsig
- Transformasie
- Regstreekse Bemagtiging
- Werknemers
- Korporatiewe Burgerskap
- Gesondheid en Veiligheid
- Omgewing
- Regulatoriese Omgewing
en Boetes
GRI Reports
(slegs in Engels beskikbaar)
Beleggersverhoudinge
Naspers se beleid oor beleggersverhoudinge is op die webwerf beskikbaar by www.naspers.com. Dit beskryf die beginsels en praktyke wat toegepas word tydens interaksies met aandeelhouers en beleggers. Naspers is daartoe verbind om aktuele en deursigtige inligting oor korporatiewe strategieë en finansiële data aan die beleggingspubliek te verskaf. Voorts neem ons die toenemende vraag na deursigtigheid en rekenpligtigheid ten opsigte van ons nie-inansiële-, of volhoubaarheidsprestasie, in ag. In ooreenstemming met King III erken Naspers dat hierdie prestasie op sy risikoproiel en strategie berus, wat nie-inansiële risiko’s en geleenthede insluit. Die maatskappy het ’n toegewyde eenheid vir beleggersverhoudinge, wat kommunikasie met sy belangrike finansiële gehore, soos institusionele aandeelhouers en finansiële skuld- en ekwiteitsontleders, bestuur. Voorleggings en telekonferensies vind plaas nadat tussentydse en eindresultate bekend gemaak is. ’n Wye reeks openbare kommunikasiekanale (waaronder aandelebeurs nuusdienste, die korporatiewe webwerf, persagentskappe, elektroniese nuuskanale en nuusverspreidingsagentskappe) word gebruik om nuusvrystellings te versprei. Hierdie kanale word aangevul deur direkte kommunikasie per e-pos, konferensie-oproepe, groepvoorleggings en persoonlike vergaderings. Ons beleid is om nie vooruitskouende inligting te verskaf nie. Om egter die beleggingsgemeenskap in staat te stel om die groep en sy prestasie te evalueer, kan vooruitsigte, strategie en planne vir werksaamhede bespreek word. Hoewel sulke inligting vooruitskouende verklarings is, maan Naspers beleggers en aandeelhouers dat hierdie verklarings, hoewel op ’n billike en geloofwaardige grondslag gedoen, baie aannames en risiko-elemente insluit, en dat werklike resultate dus beduidend van die geprojekteerde scenario kan verskil. Naspers voldoen ook aan wetgewing en aandelebeursreëls ten opsigte van vooruitskouende verklarings.
|